Mon ဘာသာမန် | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [pʰesa mɑn] | |
Gepraat in: | Mianmar | |
Gebied: | Suid-Asië | |
Totale sprekers: | 851 000[1] | |
Taalfamilie: | Austro-Asiaties Monies Mon | |
Skrifstelsel: | Birmaanse skrif | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | ||
ISO 639-3: | mnw | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Mon (ဘာသာမန်) is 'n Austro-Asiatiese taal wat deur die Mon as moedertaal gepraat word. Mon is, nes die verwante Khmer, maar in teenstelling met die meeste ander tale van die vastelandse Suidoos-Asië, nie 'n tonale taal nie. Mon is 'n erkende inheemse taal in beide Mianmar en Thailand.[2]
Mon is in Unesco se wêreldatlas van bedreigde tale as 'n "kwesbare" taal gelys.[3] Dié taal staar assimilatiewe druk in beide Mianmar en Thailand in die gesig, waar baie Mon-mense nou eentalig met onderskeidelik Birmaans of Thai is. In 2007 is die aantal Mon-sprekers tussen 800 000 en 1 miljoen geskat.[4] In Mianmar woon die meeste Mon-sprekers in die suide van die land, veral in die Mon-deelstaat, maar ook in die Tanintharyi-streek en die Kayin-deelstaat.[5]
Die alternatiewe benaming van die Austro-Asiatiese tale – Mon-Khmer-tale – is van die twee tale Mon en Khmer afgelei.